Nag van die lang messe

Die nag van die lang messe

Jy gaan my van my grond ontneem.

Jy gaan my van my kind vervreem,

wanneer ek hom na die buiteland stuur

Ver weg van jou AK vuur.

Maar ek, donker man, donker gees,

wag vir jou….

sonder pyn, sonder vrees….

Jy gaan my van my grond ontneem.

Jy gaan my van my vrou vervreem,

wanneer ek haar na die buiteland stuur

Ver weg van die AK vuur.

Maar ek, donker man, donker gees,

wag vir jou….

sonder pyn, sonder vrees….

Ek verwag jou in die donker nag,

een teen jou ontsaglike mag

Wanneer ek jou van jou moed ontneem,

wanneer ek jou van jou vrou vervreem.

Ek, donker man met jou donker gees,

wag vir jou….

sonder pyn, sonder vrees….

Ek weet jy kom vir my, donker man

Nooit alleen, maar in ‘n span

Wanneer ek jou gretig verlos

Van jou Goddelose trots

Ek, donker man met jou donker gees,

Wag vir jou….

Sonder pyn sonder vrees….

Ek verwag jou in die donker uur

Die hoop in jou aanslag van korte duur,

wanneer ek jou van jou moed ontneem,

wanneer ek jou van jou kind vervreem.

Ek het reeds gebuig voor my Heerser

My saak bepleit om genesing

Jy het die laaste keer plundering gedien,

net soos deur die Siener gesien.

Ontvang Heer, hierdie nag,

U volk

Share Button
Die Kaalkop en die Marxist
Jopie Fourie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *