Plaasmoord

‘n Wenende Boer stort ‘n traan, 
hy's, eensaam moeg en gedaan 
sy lydende liggaam en hoof, geboë. 
Oor sy stil en lewelose kind, bewoë.
'n Dogtertjie in wreedheid vernietig
staan 'n Volk teenoor God verdrietig.

In die nag was 'n offer gelewer.
Nou lê die Hand van die Gewer 
saggies, teer, bemoedigend en rus 
op skouers, soos ‘n hartseer kus 
Op sy knieë bid hy om genade 
vir sy volk teen die barre dade.

Manskappe sluit by hom aan 
met diepe respek vir sy traan 
skeurend die rou van die nag
verslae teen die wrede gesag.
"Gaan ons nie verby o Heiland
leer ons die weg van U hand"

'n Donker tyd breek stilweg aan. 
Ons volk moet na die weste gaan
Soos dappere trekkers vanmelewe
steun en worstel die volk verbete.
Daar wapper die Vierkleur weer! 
Ons bou ‘n nasie tot Sy eer.  

 ‘n Land in die naam van onse Heer.

Share Button
Kruis
Die Kaalkop en die Marxist

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *