‘n Taal

Ek slaan my oë op na die noorde,

waar my hulp sing van vroë akoorde.

Lei die hand van genade

my volk, na ‘n nuwe dekade.

 

Sy magtige wil tot oorlewing,

skik tot hernude belewing.

Werp ek my siel oor met ywer

vir die dag waar ons beide,

met aanslag, ons doel  voor beywer.

 

Nee… krasse land, waarom!

is jy so vernederd in rommel gedrom?

Die gretige skande

van grypende hande,

het alles, tot as, laat verander.

 

Die afsku in hierdie gebeure,

skeur my, in meetbare dele.

Met woede belas teen die heersers,

word my gemoed met barre gedrag,

oorheers deur die ondraaglike vlag.

 

Gebreek teen die val van my taal,

herroep ek die aanslag na ‘Vaal.

Leen ek my hand,

aan die vallende land,

en skeur ek my weg, van die norm.

 

Bring my die magtige dreuning,

van ’n volk in gelit tot oorlewing.

Bring my die taal en die vlag van verlede,

en laat my sing van die’ dag, in gebede.

Share Button
Afrikaner vermaning

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *